Die Teater

Hierdie teater het sy ontstaan gehad as gevolg van die behoefte wat daar tans in Pretoria en omgewing bestaan om ‘n platvorm te skep vir opkomende kunstenaars, waar hulle kan optree sonder enige verpligtinge. Talle van die huidige teaters is buite die bereik van nuwe kunstenaar as gevolg van finansiële omstandighede. (huur van teaters is onbekostigbaar, en hulle verpligting om dan te verseker dat die vertonings tenvolle uitverkoop word, maak dit buite bereik van talle goeie opkomende kunstenaars.)

Die teater se groot doel is die bevordering van kunstenaars hetsy, Sang, Instrumentaal, Drama, Kuns en Kultuur vorme.

Die naam van die teater is afkomstig uit pragtige idiome wat in die Afrikaanse taal voorkom , en gebruik gaan word as temas vir elke vertoning en gekomineer gaan word met musiek. Bv “As die kat weg is, is die muis baas” dit word nou “As die kat weg is, is musiek baas….”

Die kostes aan die vertonings sal in die omgewing van R110.00 per persoon beloop, en dit sluit maaltyd in.

Indien u enige navrae het in hierdie verband is u welkom om my te kontak.


Tel: (071) 273-2092
Faks: (086) 518-7474
Email: [email protected]

Elarduspark Winkel Sentrum
Blok B 103b
(Bokant KFC)
Elarduspark
Pretoria
Picture